Die Stiltetydbybel Vir Mans/1 Minuut-Inspirasie Vir Mans (Combo)

    Die Stiltetydbybel Vir Mans/1 Minuut-Inspirasie Vir Mans (Combo)

    Stephan Joubert & Stan Toler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R379.89

    R269.95

    Die hersiene uitgawe van Die Stiltetydbybel vir mans spog nou met Bybelteks uit die Nuwe Lewende Vertaling en ’n splinternuwe baadjie. Dié praktiese Bybel bevat die Nuwe Testament verdeel in 365 dae met ’n inspirerende oordenking en kerngedagte vir elke dag. Hierin laat Stephan Joubert die lig van God se Woord val op die man in sy daaglikse lewe: sy beroep, huwelik, gesin, manwees, en vele meer.

     

    Met die eise van jou gesin, loopbaan, vriende en geloof, wie het tyd vir persoonlike groei? Deur die aan­halings en byna 80 kort, kragtige stukkies van 1 minuut-inspirasie vir mans deel Stan Toler wysheid, uitdagings en bemoediging vir besige manne wat ’n bietjie inspirasie nodig het om die uitdagings van die lewe in die oë te kyk.