Die Soekende Hart/Die Laaste Bruid (Combo)

    Die Soekende Hart/Die Laaste Bruid (Combo)

    Beverley Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R339.90

    R139.95

    Die soekende hart:

    Met haar liefde vir oudtydse goed moes Jennifer Burns dikwels hoor sy is oudmodies, maar niemand is voor­bereid op die jong vrou se besluit om die moderne leefstyl opsy te skuif ten gunste van die Ou Orde Amish nie.

         Maar dit is presies wat Jenny sonder haar familie se medewete doen toe sy by Samuel en Rebecca Lapp intrek en vir die biskop se vrou begin werk. Die mense van Hickory Hollow is nuuskierig oor die prag­tige jong soeker onder hulle, in die besonder ’n aan­treklike Amish-man. Maar hy is nie die enigste man wat om Jenny se aandag meeding nie.

         In Die soekende hart word Jenny met baie uitda­gings gekonfronteer in die tyd wat die Broeders haar gee om haarself te bewys: uitdagings van die hart so­wel as die gees.

    essie Miller is die laaste van haar Ou Orde-ouers se vyf dogters om te trou. Sy het haar hart verloor op Marcus King, maar haar pa is nie beïndruk met haar keuse nie.

     

    Die laaste bruid:

    Tessie en Marcus loop saam weg en gaan trou in die geheim in die Engelse wêreld. Hulle keer terug na Hickory Hollow as enkellopendes met die vertroue dat hulle die Millers met verloop van tyd kan oortuig om hulle liefde ’n kans te gee.

         Maar wanneer die ondenkbare gebeur, lyk dit onvermydelik dat Tessie onder sensuur geplaas sal word.

         Die laaste bruid deur Beverly Lewis is die laaste alleenstaande boek in die gewilde Hickory Hollow-reeks.

     

    Oor die Outeur

    Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amiese omgewing gebore. Sy was voorheen ’n onderwyseres en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, insluitend New York Times en USA Today.