Die Soekende Hart (4 Hickory Hollow Reeks)(Sagteband)

    Die Soekende Hart (4 Hickory Hollow Reeks)(Sagteband)

    Beverley Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Sal Jenny se geheime haar weerhou van die vrede waarna sy smag? Of sal hulle haar die weg huis toe wys?

    Met haar liefde vir oudtydse goed moes Jennifer Burns dikwels hoor sy is oudmodies, maar niemand is voor­bereid op die jong vrou se besluit om die moderne leefstyl opsy te skuif ten gunste van die Ou Orde Amish nie.

    Maar dit is presies wat Jenny sonder haar familie se medewete doen toe sy by Samuel en Rebecca Lapp intrek en vir die biskop se vrou begin werk. Die mense van Hickory Hollow is nuuskierig oor die prag­tige jong soeker onder hulle, in die besonder ’n aan­treklike Amish-man. Maar hy is nie die enigste man wat om Jenny se aandag meeding nie.

    In Die soekende hart word Jenny met baie uitda­gings gekonfronteer in die tyd wat die Broeders haar gee om haarself te bewys: uitdagings van die hart so­wel as die gees.