Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Meisies (Linne)

    Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Meisies (Linne)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R211.99

    366 temas ondersteun deur teksverse en ’n  unieke kerngedagte om gelowige meisies te bemoedig.

     Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot ’n geesdriftige lewe vir God.

    Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en ’n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook ’n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

    Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Pocket Bible Devotional for Girls

    Oor die outeur

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spek­trum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte niewins­gewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onder­wysers, skool­hoofde, predikante, ouers en gewone lidmate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuis­gemeente.