Die Rooi Koord (Sagteband)

    Die Rooi Koord (Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    ’n Verhaal van moed en uithouvermoë en die wete dat God elkeen volkome liefhet.

    Twee vroue, meer as ’n eeu van mekaar verwyder, maar tog verbind deur ’n verweerde joernaal terwyl hulle worstel met God, hul mans en hulleself ... Tot hulle die omhelsing aanvaar van die Een wat hulle on­voorwaardelik liefhet.

    Ná Sierra Madrid se lewe omvergegooi is, erf sy ’n spesiale kwilt en joernaal van haar voorouer Mary Kathryn McMurray. Kathryn was ’n jong vrou wat ontwortel is en op pad na Oregon baie teëspoed be­leef het. Al word die vroue deur omstandighede en tyd geskei, sien Sierra dat baie van hulle probleme ooreenstem. Die pad is vir beide vroue baie moeilik en dit neem lank om te aanvaar en te vergewe. Maar albei gee hulle oor aan God se soewereiniteit en aanvaar sy onvoorwaardelike liefde om vrede en be­rusting te ervaar.

    Die rooi koord is ’n verhaal vol moed en uithou­vermoë en die wete dat God elkeen vol­kome liefhet.

    Oor die outeur

    Francine Rivers skryf al vir meer as 30 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toe­ken­nings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.