Ek Is Tot Alles In Staat (Sagteband)

    Ek Is Tot Alles In Staat (Sagteband)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    10 studies oor die boek Filippense se boodskap vir gelowiges vandag.

     

    Riekert Botha neem lesers in Ek is tot alles in staat deur ­die vreugde-brief Filippense en daag elk­een uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

    Dié bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen indi­vidueel, asook in die groter prentjie van die boek wil sê.

    Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oor­spronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar per­soonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s'n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen. Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg ook vir maklike naslaan.

     

    Oor die outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die North­western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.