Die Priester (1 Manne Van Geloof-Reeks)(Sagteband)

    Die Priester (1 Manne Van Geloof-Reeks)(Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    Leer ken Aäron soos nog nooit tevore nie in hierdie aangrypende boek deur Francine Rivers.

     

    In die geskiedenis van die Bybel is daar mans wat op die agtergrond gewerk het om die ewigheid stilweg te verander nie. Hulle was nie die groot name of leiers nie, maar mans wat die leier ondersteun het om sy Goddelike roeping te vervul. Aäron was een van hier­die mans.

    In Die priester ont­moet lesers Moses se ouer broer, Aäron, die eerste hoëpriester van Israel. Hoe sal Aäron vir Moses ondersteun terwyl hy sukkel om God se plan vir sy eie lewe te aanvaar?

    Kom word geïnspireer deur hoe hierdie oën­skyn­lik sekondêre karakter ’n sleutelrol speel in die on­der­steuning van sy leier, maar ook hoe hy ’n ewige im­pak maak op die Christelike ge­loof.

     

    Oor die outeur

     

    Francine Rivers skryf al vir meer as 30 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toe­ken­nings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.