Die Perfekte Jy/Maak 'n Kopskuif/Dink En Eet Jouself Slim (Combo)

    Die Perfekte Jy/Maak 'n Kopskuif/Dink En Eet Jouself Slim (Combo)

    Caroline Leaf
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R679.84

    R299.95

    Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

    In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

    • ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
    • meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
    • die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
    • leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
    • die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
    • goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei 

    Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

    Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

    Caroline Leaf kyk in Dink en eet jouself slim na die heel nuutste neuroweten­skap­like navorsing wat aan­toon dat jou gemoeds­toe­stand die werking van jou spysverteringstelsel be­ïnvloed. Dr. Leaf help jou om jou kennis oor kos en kospraktyke te verbeter en om jou gesind­heid oor kos, gesondheid, genesing en voedings­waarde te verander. Sy sluit af met 21 re­septe wat jou op die pad na gesond­heid sal sit.

    Jy kan jou hele lewe verander deur jou denke te beheer. Dr. Caroline Leaf wys jou in Maak ’n kopskuif hóé om dit te doen. Die boek bestaan uit 2 dele. Deel 1 verduidelik hoe om jou brein se volle potensiaal te ontsluit. Deel 2 is ’n prak­tiese 21-dag-breindetoksplan om jou brein as’t ware te herbedraad. Die boek bevat ook kernopsommings, diagramme en illustrasies.

    Oor die Outeur

    Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommuni­kasie­patologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.