Die Pad Na Jou Ware Self Studiegids (Sagteband)

    Die Pad Na Jou Ware Self Studiegids (Sagteband)

    Ian Morgan Cron & Suzanne Stabile
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram.

         Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief.

         Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het.

         • Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê

         • Verbeter jou huwelik

         • Ontdek wie God bedoel het jy moet wees

         Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.

     

    Oor die Outeurs

     

    Ian Cron is ’n topverkoperskrywer, bekende spreker, Enneagram-kenner, raadgewer, liedjieskrywer en Episkopaalse priester. Hy het al verskeie boeke geskryf waaronder Chasing Francis en Jesus, My Father, the CIA, and Me. Hy woon saam met sy vrou, Anne, in Nashville, Tennessee.

     

    Suzanne Stabile is ’n gesogte spreker, opvoeder en internasionaal bekende Enneagram-kenner. Sy en haar man, eerw. Joseph Stabile, is stigters van Life in the Trinity Ministry. Hulle het verskeie oudio-hulpbronne bekendgestel, wat The Enneagram Journey-kurrikulum insluit. Hulle is gevestig in Dallas, Texas.