Die Oorwinnaar (Sagteband)

    Die Oorwinnaar (Sagteband)

    Chris Fabry
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R250.00

    ’n Onwaarskynlike atleet, ’n teësinnige afrigter en die belangrikste wedloop van die jaar lei tot ’n wonderlike oomblik van selfontdekking.

    Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van ’n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om ’n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan leer ken hy ’n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worstel ...

    ’n Toevallige ontmoeting verander John se hele lewe. Geïnspireer deur die woorde en gebede van hierdie nuwe vriend, word John die onwaarskynlikste afrigter vir die onwaarskynlikste atleet wat die onmoontlike wil probeer in die belangrikste wedloop van die jaar.

    Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal ondersoek die Bybelse beginsels in Efesiërs en sal lesers lei om hulle ware identiteit in Christus te vind.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Overcomer

    Oor die outeur

    Chris Fabry is ’n bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans het al drie Christy Awards, ’n ECPA Christian Book Award en Christianity Today se Book Award of Merit ontvang. Hy het in 1982 gegradueer aan W. Page Pitt School of Journalism by Marshall University. Chris kom oorspronklik van Wes-Virginië en bly nou saam met sy vrou, Andrea, in Arizona. Hulle het nege kinders. Besoek sy webwerf by www.chrisfabry.com