Die Oorlogskamer (Sagteband)

    Die Oorlogskamer (Sagteband)

    Chris Fabry
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Gebed is ’n kragtige wapen.

    Dit lyk of Tony en Elizabeth Jordan alles het – ’n gerieflike huis en ’n pragtige dogter en loopbane wat blom, maar hulle is heeltyd aan die stry.

    Elizabeth ontmoet Clara Williams met die hoop om nog ’n huis as eiendomsagent te verkoop. Elizabeth is egter geamuseerd en ongemaklik wanneer dié bejaarde weduwee vrae begin vra oor haar huwelik en geloof. Dan ontdek Elizabeth Clara se geheime gebedskamer – ’n plek waar sy op haar knieë baklei met die kragtigste wapen ...

    Soos die spanning by hulle huis toeneem, besef Elizabeth haar gesin is die moeite werd om voor te veg en dat sy nie hierdie stryd op haar eie kan wen nie. Om in blinde geloof tot God te bly bid vir haar gesin en hulle toekoms, is die enigste uitweg.

    Die oorlogskamer is gebaseer op die fliek War Room deur Alex en Stephen Kendrick (die twee vervaardigers van die topverkoper-flieks Fireproof en Courageous). Hierdie roman bevat ook besprekings-vrae en kleurfoto’s uit die fliek.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel War Room

    Oor die Outeur

    Chris Fabry is ’n bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans het gesorg vir drie Christy Awards, ’n ECPA Christian Book Award en Christianity Today se Book Award of Merit. Hy het in 1982 gegradueer aan W. Page Pitt School of Journalism by Marshall University. Chris kom oorspronklik van Wes-Virginië en bly nou saam met sy vrou, Andrea, in Arizona. Hulle het nege kinders.