Die Oorlogskamer-Bybelstudie (Sagteband)

    Die Oorlogskamer-Bybelstudie (Sagteband)

    Alex & Stephen Kendrick
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Word herinner dat gebed werklik ’n kragtige wapen is.

    Jy is in ’n oorlog gewikkel met die vyand. Jy moet dus voorbereid wees vir die stryd en met die sterkste wapen ooit veg: Gebed.

    Die oorlogskamer – Bybelstudie, gebaseer op die fliek War Room, bied jou geleentheid om individueel of in ’n groep in jou gebedslewe te groei om ‘n kragtige gebedstryder te word.

    Elk van die 5 studies bied 4 afdelings:

    • Inleiding
    • Bespreking van aspekte van gebed soos dit in die fliek gesien kan word
    • Groepbespreking
    • 3 oordenkingstudies

    Hierdie Bybelstudie sal jou inspireer om op God se genade te vertrou, oorwinning oor jou ware vyand te verklaar en jou identiteit in jou Verlosser te vind.

    Die oorlogskamer – Bybelstudie sal as herinnering dien dat gebed werklik ’n kragtige wapen is.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel War Room Bible Study Book

    Oor die Outeurs

    Stephen Kendrick is ’n senior medeleraar in prediking by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia, en ook ’n ervare draaiboekskrywer en vervaardiger. Hy en sy vrou het ses kinders.

    Alex Kendrick is mede-medialeraar by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia. Hy is ook ’n akteur, skrywer en regisseur van onder andere Facing the Giants. Alex en sy vrou het ses kinders.