Die Ongetemde Hart (Mass Market Paperback)

    Die Ongetemde Hart (Mass Market Paperback)

    John Eldredge & Stasi Eldredge
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.99

    Ontdek die geheim van 'n man se siel.

    John Eldredge se trefferboek Die ongetemde hart is nou beskikbaar in ’n gerieflike kleiner formaat.

    Die boek hou ’n heeltemal nuwe benadering tot manwees voor en nooi mans op ’n reis om hul Godgegewe, ongetemde aard te ontdek. Eldredge identifiseer drie kernbegeertes wat diep in elke man se hart geplant is: ’n stryd om te stry; ’n avontuur om te beleef; en ’n skoonheid om te red. Hy bespreek die redes waarom moderne mans nie in voeling is met hierdie begeertes nie, en verduidelik hoe hulle dit kan terugvind en dit kan uitleef tot voordeel van hulleself en hul verhoudings.

    Die ongetemde hart slaan die persepsie die nek in dat Christenmans vaal mannetjies is wat net in hul spoor trap en weinig anders doen. Dit is ’n uitnodiging om God se ongetemde aard hul eie te maak en ware manlikheid te ontdek.