Die Nuuskierige Kameelperdjie (2 Die Avonture Van Audrey Amaka)(Sagteband)

    Die Nuuskierige Kameelperdjie (2 Die Avonture Van Audrey Amaka)(Sagteband)

    Brent Vernon
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R49.95

    Kom saam met Audrey en haar blink blou hoëhakskoene op 'n fantastiese avontuur!

    Reuse watervalle, kreatiewe heuningbye, asemrowende avonture en nog meer! Audrey Amaka het daarvan gedroom om Wonderwêreld-land toe te gaan. Maar toe haar droom waar word, moet Audrey en haar maatjies ’n belangrike besluit neem.

    Trek jou stapskoene (of blink blou hoëhakskoene) aan en kom saam met Audrey terwyl sy leer hoe belangrik dit is om gehoorsaam en verantwoordelik te wees.

    Die nuuskierige kameelperdjie is die tweede boek in die skatlike Die avonture van Audrey Amaka-reeks, en sal vyf- tot agtjariges in vervoering hê. Die boekie sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die storie asook versteekte elemente om in die boek te soek.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Curious Little Giraffe

    Oor die Outeur

    Brent Vernon is ’n musikant en buikspreker. Hy skryf en illustreer ook kinderboeke en is al amper twee dekades in die musiek- en poppekas-industrie. Met 130 tot 140 optredes per jaar het Brent die wonderlike vermoë ontwikkel om kinders van enige ouderdomsgroep se verbeelding aan te gryp. Brent gryp elke geleentheid met passie aan en laat sy boodskappe lewe deur musiek en stories.