Die Meisie In Die Foto (Sagteband)

    Die Meisie In Die Foto (Sagteband)

    Beverly Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R199.96

    ’n Verhaal van verraad, vertroue en liefde.

     

    Eva Esch en haar susters is in ’n verknorsing ...

         Ná die afsterwe van hulle weduwee-ma wil Eva se ouer broer Menno sy groterwordende gesin in die plaas­huis in Eden-vallei laat bly. Dit laat min plek vir Eva en haar susters. Menno is oortuig dat ten minste een van hulle die komende trouseisoen sal trou. Eva wil trou, maar sy wil ook nie haar winkel opgee om ’n boervrou te word nie.

    Dan verdwyn haar jonger suster, Lily, een nag en laat net ’n nota agter. Eva dink sy is deur iemand van buite die Amish-gemeenskap weggelok. Wanneer Jed Stutzman, ’n jong Amish-kapkarmaker van Ohio, in Lancaster opdaag met ’n foto van ’n Amish-meisie, keer dit Eva se wêreld on­derstebo. Sy voel aangetrokke tot die stil, sjarmante vreem­deling, maar die meisie in die verbode foto is glad nie ’n vreemde­ling nie.

         Die meisie in die foto is ’n Amish-roman vol intrige.

     

    Oor die outeur

     

    Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen ’n onder­­wyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoper-lyste, waaronder New York Times en USA Today.