Die Losprys (Sagteband)

    Die Losprys (Sagteband)

    Dee Henderson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 6 weeks
    R199.94

    Haar vryheid beteken nie haar swaarkry is verby nie.

    In Die losprys word Shannon Bliss op die ouderdom van sestien ontvoer.

    Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie ...

    Shannon besef haar vryheid beteken nie haar swaarkry is verby nie en sy kontak Matthew Dane, ’n privaatspeurder en voormalige polisieman om haar te help. Die misdaadfamilie in wie se kloue Shannon beland het, dink sy is dood, maar as hulle moet uitvind sy leef nog, sal niks hulle keer om haar stil te maak nie.

    As geregtigheid moet geskied, en as Shannon weer ’n normale lewe wil lei, moet Matthew presies weet wat met haar gebeur het, ongeag watter geheime oopgekrap gaan word.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Taken.

    Oor die Outeur

    Dee Henderson is die outeur van verskeie topverkopers, waaronder die hoog aangeskrewe O’Malley-reeks. As ’n toonaangewende skrywer van inspirerende romantiese spanningsverhale is haar boeke al vir verskeie toekennings benoem en met toekennings bekroon, onder andere die Rita Award, die ECPA Gold Medallion, die Holt Medallion, die National Reader’s Choice Award en die Golden Quill. Dee woon in Illinois.