Laaste Ure Van Jesus (Sagteband)

    Laaste Ure Van Jesus (Sagteband)

    Isak Burger & Leon Wagner
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R130.01

    R59.95

    Kry 'n beter verstaan van die heilsgebeure.

    Dit gaan nie net oor ’n aangrypende historiese gebeurtenis nie. Dit gaan oor die verskil wat dit in die lewens van honderde miljoene mense gemaak het – die verskil tussen hemel en hel.

    Jou verhouding met en jou liefde vir God staan in direkte verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens DIE LAASTE URE VAN JESUS. Hierdie boek wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!

    Om die volle impak van wat gebeur het, te verduidelik, bied die boek aanvullende mediese inligting. ’n Forensiese patoloog interpreteer die Bybelse gebeure vanuit sy kennis en ervaring, en verduidelik wat liggaamlik aan Jesus gedoen is.

    Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van Jesus se marteling was? Die wrede, forensiese feite is nodig om die suikerlagie wat mense om die kruisiging geplaas het, af te stroop.

    Dis afgryslik om te besef hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling en senuwees wat beskadig is, moontlik tot hartarres gelei het. Terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het. Dit kan jou geloof versterk en hoop gee in ’n wêreld vol twyfel.

    Oor die skrywers

    DR ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Die eerste 5 minute in die hemel. Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

    DR. LEON WAGNER is ’n forensiese patoloog met ’n privaat praktyk wat al meer as 10 000 nadoodse ondersoeke gedoen het. Hy tree gereeld by kerke op om die Bybelse weergawe van die kruisgebeure toe te lig met sy kennis oor die volle impak van wat met Jesus gebeur het.