Die Laaste Bruid (5 Hickory Hollow Reeks)(Sagteband)

    Die Laaste Bruid (5 Hickory Hollow Reeks)(Sagteband)

    Beverley Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Sal Tessie ’n rede kry om te hoop ten spyte van haar benarde situasie?

    Tessie Miller is die laaste van haar Ou Orde-ouers se vyf dogters om te trou. Sy het haar hart verloor op Marcus King, maar haar pa is nie beïndruk met haar keuse nie.

    Tessie en Marcus loop saam weg en gaan trou in die geheim in die Engelse wêreld. Hulle keer terug na Hickory Hollow as enkellopendes met die vertroue dat hulle die Millers met verloop van tyd kan oortuig om hulle liefde ’n kans te gee.

    Maar wanneer die ondenkbare gebeur, lyk dit onvermydelik dat Tessie onder sensuur geplaas sal word.

    Die laaste bruid deur Beverly Lewis is die laaste alleenstaande boek in die gewilde Hickory Hollow-reeks.

    Ook beskikbaar in Engels met die titel The Last Bride.

    Oor die Outeur

    Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amiese omgewing gebore. Sy was voorheen ’n onderwyseres en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, insluitend New York Times en USA Today.