Die Krag Van Saam Bid (Sagteband)

    Die Krag Van Saam Bid (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R59.95

    Ons word telkens in die Bybel beveel om te bid en tog is dit ’n geestelike dissipline waarmee baie gelowiges worstel. Ons kan egter die dissipels se voorbeeld volg en Jesus vra om ons te leer bid. Die krag van saam bid sal jou nie net hiermee help nie, maar ook om jou afhanklikheid van God te erken, om jou behoeftes aan Hom bekend te maak en om jou lewe aan Hom te onderwerp sodat Hy kragtig deur jou kan werk. Die 60 kort gebede fokus op sake na aan jou hart, maar ook dinge wat verder van jou af is: die behoeftes van jou familie, vriende, bure, leiers en land. Elke gebed word ondersteun deur ’n Skrifgedeelte wat jou die hele dag lank sal aanmoedig om gedurig te bid. Dit maak nie saak hoe jy hierdie gebede gebruik nie – alleen of saam met ander – hulle sal jou help om met ’n spesifieke fokus kragtiger gebedstye te hê.