Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees - Gebedeboek (Sagteband)

    Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees - Gebedeboek (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R29.95

    60 gebede deur Stormie Omartian wat jou hart en gedagtes op God sal rig wanneer vrees jou oorweldig.

    Daar is baie redes om bang te wes, maar God kan dit almal oorwin.

    Vind die vrede waarna jy smag te midde van dinge wat jou bang maak met die hulp van hierdie versameling gebede uit Stormie Omartian se boek Die krag van gebed wanneer jy vrees. Elkeen van die 60 gebede word afgerond met ’n Skrifgedeelte wat jou sal help om jou hart en gedagtes op die waarheid van God se Woord te rig wanneer vrees jou oorweldig.

    Of jy gekonfronteer word met die vrees vir verlies, verwerping of die toekoms, Die krag van gebed wanneer jy vrees – Gebedeboek sal jou die nodige inspirasie gee om kragtig tot God te bid.

     Ook beskikbaar in Engels onder titel The Power of Praying ® Through Fear Book of Prayers

    Oor die outeur

    Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 35 miljoen van haar boeke ver­koop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders en kleinkinders. www.stormieomartian.com.