Die Krag Van Die Heilige Gees (Sagteband)

    Die Krag Van Die Heilige Gees (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Geïnspireer deur die wonderbaarlike gebeure van 2012 se Fees van die Tabernakels in die En-Gedi-woestyn naby Jerusalem.

    Buchan getuig vurig hoe hy saam met 4 500 gelowiges die werklikheid van die Heilige Gees beleef het en hoe hy vir ewig daardeur verander is. Hy beskryf hoe hierdie beweging van die Heilige Gees soortgelyk is aan wat die vroeë kerk ervaar het soos dit beskryf is in Handelinge 2 en hoe dit verskeie herlewings deur die loop van die geskiedenis tot gevolg gehad het.

    Die krag van die Heilige Gees is ’n inspirerende boek wat jou sal herinner dat die Heilige Gees ’n werklikheid is en op onvoorspelbare en verrassende maniere werk. Jy moet Hom net vertrou.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Rushing Mighty Wind

    Oor die Outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.