Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)

    Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)

    Johan Smit & Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R299.95

    200 Bybelstories oor God se almag en liefde.

    Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet.

    Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring.

    Die 200 stories in Die klassieke Kinderbybel-storieboek bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeet­lik sal maak.

    Ook beskikbaar in Engels onder die title

    Oor die Outeurs en Illustreerder

     

    Johan en Nina Smit het gesamentlik al byna 300 boeke oor ’n verskeidenheid onder­wer­pe gepubliseer. Hulle woon in So­mer­set-Wes, en het drie kinders en vyf klein­kinders.

    Alan Parry is ’n outeur en illustreerder. Daar is al meer as drie miljoen eksemplare van die boeke verkoop waaraan hy saam met sy vrou gewerk het. Hy is getroud met Linda wat saam met hom boeke skryf en illustreer. Hulle bly in Oxford, Engeland.