Die Huweliksdaad (Sagteband)

    Die Huweliksdaad (Sagteband)

    Tim Lahaye & Beverly Lahaye
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    God wil hê die huweliksdaad moet die mees voor­tref­like ervaring wees wat twee mense met mekaar kan deel.

         Tim en Beverly LaHaye se openhartige, diep­gaan­­de en Bybelse be­spre­king van seksuele liefde vir ge­troudes ver­skaf riglyne, doelwitte, beginsels en na­vor­sings­resul­tate wat egpare sal help om ’n be­vre­­­digende hu­weliks­ver­hou­ding te bou. Die fokus bly deurgaans op God en sy belangrike rol in ’n ge­not­volle, op­bouen­de seksuele ver­houding.

         Die huweliksdaad gesels openhartig oor al die geheime en fynere nuanses van die sek­suele lewe in die huwelik. Daar is ’n sensitiewe balans in die dui­­de­like en gedetailleerde aanbieding van die intie­me ver­houding tussen man en vrou. Hierdie boek sal beide die liefde en die liefdeslewe verryk van dié wat dit lees.

    Oor die outeurs

    Dr. Tim LaHaye was die stigter en president van Family Life Seminars. Hy was ’n voormalige onderwyser en leraar, die skepper van die Hulle wat agterbly-reeks en het eindtyd-voorspellings bestudeer. Hy het meer as 60 niefiksie-boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe geskryf.

    Beverly LaHaye is die stigter van Concerned Women for America, ’n gebedsnetwerk en werksgroep wat graag die belange van die gesin wil beskerm. Sy is die outeur van verskeie boeke.