Die Hoop Van Paasfees (Sagteband)

    Die Hoop Van Paasfees (Sagteband)

    Randy Frazee
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R29.95

    R15.50

    Ervaar die hoop waarin ons kan leef omdat Jesus aan die kruis gesterf het.

     

    Paasfees is ’n tyd om ons Verlosser se opstanding te vier. Die hoop van Paasfees is ’n sakpas­­boekie wat perfek inskakel by hierdie feesvierings, en fokus ons hoop en aandag op die ewige lewe.

    Die hoop van Paasfees is ’n unieke gees­telike groei-ervaring wat bestaan uit spesiaal uitgesoekte gedeeltes uit die Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) wat fokus op drie hooftemas om ons geloof te ontsluit:

    ·       Ek glo in die ewigheid – as ’n sleutelgeloofs­oortuiging van die Christelike ge­loof

    ·       Ek leef doelgerig – as ’n sleutelgewoonte van ’n volgeling van Jesus

    ·       Ek het hoop – as ’n sleuteldeug wat kenmer­kend is van iemand wat meer soos Jesus word

    Die hoop van Paasfees is verwerk uit Ek glo en geskik vir evange­lisasie.

    Hierdie boekie bring die fokus terug na God se belofte van hoop, die ewig­heid en om ons geloof met ander te deel.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Hope of Easter.

     

    Oor die outeur

     

    Randy Frazee is die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Randy is die skrywer van The Heart of The Story, The Connecting Church, Making Room for Life, The Christian Life Profile Assessment en Renovation of the Heart Student Edition. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en een kleindogter.