Die Groot Geheim (Die Heldinne Van Harbor View)(Sagteband)

    Die Groot Geheim (Die Heldinne Van Harbor View)(Sagteband)

    Melody Carlson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2018
    R149.96

    Vier meisies word onwaarskynlike vriende om saam te staan teen boelies en hulle omgewing te verfraai.

    Morgan, Amy, Carlie en Emily is vier meisies wat dalk nooit vriende sou gewees het nie as hulle nie deur omstandighede bymekaargebring is nie. Die groot geheim bestaan uit twee stories oor hierdie meisies se wedervaringe.

    In die eerste storie besluit die meisies om saam te staan teen die boelies wat hulle lewe versuur. Hulle kom so goed oor die weg dat hulle sommer ook besluit om hulle omgewing te verfraai.

    In die tweede storie gee die opsigter vir die meisies ’n ou skoolbus as beloning vir hulle harde werk om die woonwapark mooi te maak. Dit lyk na ’n maklike taak om die bus vir hulle in te rig as klubhuis, tot die meisies op ou plate, stowwerige boeke en ’n dagboek vol geheime afkom wat hulle laat wonder: Aan wie het die bus behoort? En hoekom het die opsigter dit gehad?

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Girl Power.

     

    Oor Die Outeur

    Melody Carlson het al meer as 200 boeke vir tieners, vroue en kinders geskryf. Voor sy ’n skrywer geword het, het Melody oor die wêreld heen gereis, in die bediening en as kleuterskool-onderwyseres gewerk, twee seuns grootgemaak en vir ’n kort rukkie as binnehuisversierder gewerk. Sy voel ware lewensgebeure inspireer die beste fiksie, en die uiteenlopende boeke wat sy al gepubliseer het, is beslis ’n bewys hiervan.