Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies (Sagteband)

    Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies (Sagteband)

    Agnes en Salem de Bezenac
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R269.95

    Waardes en wysheid uit die Bybel vir elke dag, vir almal!

    Help jou kinders om gelukkig en suksesvol te wees deur hulle van kleins af morele waardes uit God se Woord te leer.

    Die groot Bybel vir klein hartjies bevat 60 Bybel­stories (34 uit die Ou Testament en 26 uit die Nuwe Testament) met skattige illustrasies wat die waar­des wat die Bybel leer vir kinders ’n werklikheid sal maak. Elke storie het ’n definisie van die karaktereienskap wat die storie bespreek. Dan is daar ook ’n strokies­prent wat ’n praktiese toepassing op die elkedagse lewe gee.

    Die waardes waarvan kinders sal leer, is onder an­dere:

    ·         Selfbeheersing (Adam en Eva)

    ·         Nederigheid (Die toring van Babel)

    ·         Geduld (Abraham en Sara)

    ·         Eerlikheid (Jakob)

    ·         Vreugde (Die troue in Kana)

    ·         Vriendskap (Die verlamde man)

    Die groot Bybel vir klein hartjies sal vir kinders wys dat dit wat in die Bybel staan regtig elke dag deel van hulle lewe kan en moet wees.

    Oor die outeurs en illustreerders

    Agnes en Salem de Bezenac bly saam met hulle twee kinders op die Franse platteland. Hulle liefde vir en toewyding aan kinders het hulle na baie plek­ke oor die wêreld heen geneem waar hulle kinders geleer het oor die lewe, morele waardes en Bybelse beginsels deur mediaproduksies. Deur hulle boeke is hulle innige liefde vir God sigbaar en hulle deel dit graag met kinders op eenvoudige maniere wat hulle kan verstaan. Agnes is ook die illustreerder van Die groot Bybel vir klein hartjies. www.debezenac.com