Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies OT Inkleur-En-Aktiwiteitsboek (Sagteband)

    Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies OT Inkleur-En-Aktiwiteitsboek (Sagteband)

    Agnes en Salem de Bezenac
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R89.95

    Leer ken die Ou Testament deur bondige stories en opwindende aktiwiteite.

    Nou kan kinders die Ou-Testamentiese stories op ’n vermaaklike en kreatiewe ma­nier leer ken.

    Die 34 stories in Die groot Bybel vir klein hartjies (OT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied elk ’n

    ·       mini-weergawe van ’n bekende Ou-Testa­men­tiese storie

    ·       bladsy om in te kleur

    ·       aktiwiteit om te voltooi

    Die aktiwiteite, geskik vir kinders tussen 5 en 8 jaar oud, sluit in: ontsyfer die geheime boodskap, verbind pasmaats, soek woorde, soek verskille en nog vele meer. Die antwoorde kom agter in die boek voor

    Die stories en meegaande aktiwiteite sal ver­seker dat kinders ’n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Big Bible, Little Me Old Testament Coloring and Activitiy Book.

    Oor die outeur

    Agnes en Salem de Bezenac is professionele kreatiewe kunstenaars en spesialiseer in die skep van kinder­boeke en multimedia-produksies. Salem is al sedert 1997 betrokke by musiekvervaardiging en komponeer musiek vir flieks. Hy het veral ervaring opgedoen in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Agnes is die ʼn outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het ook 10 jaar ervaring as kleuterskool- en laerskool-onderwyseres.