Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies (Combo)

    Die Groot Bybel Vir Klein Hartjies (Combo)

    Agnes en Salem de Bezenac
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R449.84

    R269.95

    Die groot Bybel vir klein hartjies bevat 60 Bybelstories uit die Nuwe en Ou Testament met skattige illustrasies. Die waardes en karaktereienskappe wat die Bybel ons leer sal deur Bybelverse, definisies van karaktereienskappe en praktiese toepassings in die vorm van strokiesprente vir kinders ’n werklikheid word. Hulle liefde en begrip van God se Woord sal toeneem terwyl hulle leer dat God se Woord ook vir húlle is.

    Nou kan kinders op ’n vermaaklike en kreatiewe manier leer van die Nuwe Testament. Die groot Bybel vir klein hartjies (NT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied ’n mini-weergawe van 26 bekende Nuwe-Testamentiese stories, bladsye om in te kleur en heelwat speletjies en aktiwiteite, soos verbind die kolletjies, woordsoektogte, legkaarte en nog vele meer. Die 26 stories en meegaande aktiwiteite sal verseker dat kinders ’n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.

    Nou kan kinders op ’n vermaaklike en kreatiewe manier leer van die Ou Testament. Die groot Bybel vir klein hartjies (OT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied ’n mini-weergawe van 34 bekende Ou-Testamentiese stories, bladsye om in te kleur en heelwat speletjies en aktiwiteite, soos verbind die kolletjies, woordsoektogte, legkaarte en nog vele meer. Die stories en meegaande aktiwiteite sal verseker dat kinders ’n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.

    Oor die Outeurs

    Agnes en Salem de Bezenac is professionele kreatiewe kunstenaars en spesialiseer in die skep van kinder­boeke en multimedia-produksies. Salem is al sedert 1997 betrokke by musiekvervaardiging en komponeer musiek vir flieks. Hy het veral ervaring opgedoen in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Agnes is die ʼn outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het ook 10 jaar ervaring as kleuterskool- en laerskool-onderwyseres.