Geskenk Van Genade Grootdruk (Sponsgevulde Hardeband)

    Geskenk Van Genade Grootdruk (Sponsgevulde Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    366 oordenkings wat jou sal help om God se goedheid en guns in jou lewe te sien.

    As gelowige wéét jy jy het God se genade ont­vang. Maar beteken dit jou struikelblokke verdwyn soos mis voor die son? Ongelukkig nie. Dit beteken wel jy plaas jou vertroue vir elke dag in die Een wat áltyd daar is en Wie se genade áltyd genoeg sal wees.

    Geliefde skrywer Nina Smit stap in Geskenk van genade in 366 dae saam met vroue om hulle te verseker van God se teenwoor­digheid en grenslose genade. Sy inspireer vroue om elke dag voluit te leef en die klein jakkalsies van die daaglikse lewe met grasie wat van God af kom een­kant toe te stoot.

    Dié grootdruk-dagboek spog ook met ’n handige Skrif­indeks wat sorg vir maklike na­slaan.

    Vroue sal elke dag God se entoesiasme vir die lewe erf in Geskenk van genade.

    Oor die outeur

    Nina Smit is die gewilde skrywer van meer as 150 boeke waarvan verskeie topverkopers is. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.