Die Geillustreerde Woorde Van Jesus Vir Vroue (Sagteband)

    Die Geillustreerde Woorde Van Jesus Vir Vroue (Sagteband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    365 ontwerpe waardeur Jesus jou hart sal aanraak.

    Jesus se woorde staan vir altyd vas – van die dag toe Hy dit gesê het en dit in die Evangelies opgeneem is, tot vandag toe. En dit is hierdie rotsvaste vertroosting, raad en aanmoediging wat Carolyn Larsen vir vandag se vrou verwoord in Die geïllustreerde woorde van Jesus vir vroue.

    Vroue kan in hierdie dagboek Jesus se woorde werklik hul eie maak met die 366 pragtige woordkuns-teksverse by elke dagstuk. Carolyn Larsen wys vroue hoe hierdie woorde van Jesus op elke aspek van ’n vrou se lewe van toepas­sing is.

    Saam met die woordkuns-ontwerpe wat ingekleur kan word, sluit elke dagstuk af met ’n gebed of in­spireren­de aanhaling en daar is ook plek vir persoonlike notas.

    In ’n wêreld waar vroue daagliks voor groot uitda­gings te staan kom, sal die wyse woorde van Jesus hul­le inspireer terwyl hulle ook uiting aan hulle kreatiwiteit kan gee.

     

    Oor die Outeur

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwas­se kinders.