Die Gebed Van Daniel (Sagteband)

    Die Gebed Van Daniel (Sagteband)

    Anne Graham Lotz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Ontdek hoe ’n gebed gebore uit desperaatheid jou kan lei om waarlik kragtig en effektief te bid vir jou nasie, gesin en jouself.

     Voel dit of jou gebede nie “werk” nie? Asof dit kragteloos is? Sê nou die probleem lê nie by die gebed nie, maar by die bidder self?

    Anne Graham Lotz ondersoek in Die gebed van Daniël hoe ’n gebed moet lyk om waarlik die hemel te beweeg en ’n nasie te verander. Deur van nader te kyk na Daniël se gebed in Daniël 9 beantwoord sy vrae soos:

    • Hoe weet ek God luister na my gebed?
    • Hoe weet ek God sal my gebed beantwoord?
    • Hoekom moet ek bid?
    • Maak dit saak waar ek bid?
    • Maak my gesindheid saak wanneer ek bid?
    • Watter verskil maak een persoon se gebed?

    Ontdek hoe ’n gebed gebore uit desperaatheid jou kan lei om waarlik passievol, opreg, seëvierend en volhardend te bid totdat jy ’n antwoord kry. Die gebed van Daniël sal jou help om effektief te bid vir jou nasie, jou gesin en jouself.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel The Daniel Prayer.

     Oor die outeur

    Anne Graham Lotz, wat deur haar pa, Billy Graham, die “beste prediker in die huis” genoem word, is ’n wêreldbekende spreker wat met die wysheid en gesag praat van jare se studie van God se Woord. Die New York Times noem haar een van die invloedrykste evangeliste van haar generasie. Sy is die topverkoper-outeur van meer as 15 boeke waarvan al verskeie toekennings ontvang het. Om meer oor Anne, haar familie en haar bediening te leer, besoek www.annegrahamlotz.org.