Die Eenjaar Ma En Dogter Dagboek (Sagteband)

    Die Eenjaar Ma En Dogter Dagboek (Sagteband)

    Dannah Gresh
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    ’n Dagboek spesiaal vir ma's en dogters wat hulle verhouding met mekaar en met God sal versterk.

     

    Die eenjaar ma en dogter dagboek is spesiaal ontwerp om ma-dogter-verhoudings en hulle verhouding met God te versterk. Die 365 oordenkings is so geskryf dat ’n ma en haar ampertiener-dogter dit saam kan lees en dan in die afdeling “hartspraatjies” gesels oor hoe hulle die Bybel en hulle verhouding met God verstaan.

    Om hierdie dagboek nog meer spesiaal te maak, is daar ook unieke elemente en aktiwiteite bygevoeg. Dit sluit in taal-lab (maklik-om-te-verstaan teologiese lesse), dieremaniere (eienskappe van diere in die Bybel wat op Christene van toepassing gemaak kan word), handgemaak (aanwysings vir projekte wat ma en dogter saam kan doen) en diepdinkdae (tyd om te oefen om diep te dink oor God se Woord). Enkele van die temas wat in hierdie dagboek voorkom, is beskeidenheid, reinheid, selfbeeld, hoe om emosies te hanteer, getuienis en hoe om die geloof te leef.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel The One Year Mother-Daughter Devotional.

     

    Oor die Outeur

    Dannah Gresh is ’n topverkoper-outeur en gewilde spreker. Sy is die outeur van 27 boeke en word as een van die voorste kenners beskou oor onderwerpe soos seksuele reinheid en ouerskap vir ampertieners en tieners. Meer as 20 000 leiers en 100 000 ma's het al deur haar kurrikulum gewerk en meer as 350 000 mense het al haar seminare bygewoon. Sy was al ’n gas op CNN, Fox News en die 700 Club, en is ook ’n gereelde gas op Focus on the Family en Family Life. Sy bly in State College, Pennsilvanië, saam met haar man, Bob, en haar drie kinders.