Die Dood En Die Lewe Hierna (3-In-1)(Sagteband)

    Die Dood En Die Lewe Hierna (3-In-1)(Sagteband)

    Isak Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.00

    Die lewe ná die dood is oneindig belangrik – ons gaan die res van ons bestaan daar deurbring. Jou keuse nóú sal bepaal of jy uitsien na die wonder van die hemel ... of die verskrikking van die hel.

         Mense is baie ingestel op die lewe hier en nou. Niemand wil regtig oor die dood dink of daaroor praat nie. Maar as ’n geliefde sterf, verander hierdie siening radikaal en wil jy bewus wees van alles wat gebeur.

         Daar is baie vrae oor die dood, soos ...

    • Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal?
    • Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
    • Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
    • Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
    • Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?
    • Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?

         Kry antwoorde op baie van jou vrae. Hierdie is jou 3-in-1-gids oor wat met jou gebeur net voor en net na die dood, en hoe dit in die hemel sal wees. Dit is ’n moet-hê vir elke Christen! Die dood en die lewe hierna beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel sê ’n gelowige kan verwag tydens die dood en in die lewe daarna. Die boek ontrafel vele geheime en die misterie van doodgaan, en praat reguit teen onbybelse beskouings.

         Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is. As jy treur oor ’n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.