Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)

    Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)

    Rick Warren
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Die splinternuwe Die doelgerigte lewe dagstukkies vir kinders, bied 365 splinternuwe dagstukkies aan kinders tussen die ouderdomme van agt en twaalf jaar. Dit is geskoei op Rick Warren se internasionale topverkoper vir volwassenes, Die doelgerigte lewe. Kinders se grondslag vir hul gedagtes oor God en hul plek in die wêreld word gewoonlik in hierdie ouderdomsfase gevorm. Met hierdie dagstukkieboek deur Rick Warren in die hand, sal kinders ’n dieper insig kan ontwikkel oor hul doel in die lewe.

         Die doelgerigte lewe dagstukkies vir kinders se 365 oordenkings sluit aan by die temas en idees wat in Die doelgerigte lewe uiteengesit word. Elke dagstukkie bevat ’n Skrifaanhaling, ’n kort boodskap asook ’n gebed of ’n gedagte vir die dag – alles in ouderomsgepaste, gebruikervriendelike uitleg. Dit sal kinders help om te ontdek wie hulle werklik in die oë van die Here is.

         Deur tot die jonger geslag se harte deur te dring, kan ons help verseker dat hulle hul lewensdoel ontdek. So kan hulle dan grootword met die selfvertroue dat hulle, asook hul verhouding met God, waardevol is vir Hom. God het elkeen van sy kinders met ’n spesifieke doel in gedagte geskep … dit is nou die tyd om deur oordenking en gebed die ongelooflike reis te begin om daardie doel te ontdek.

    Oor die Outeur

    Dr. Rick Warren is ’n pastor, skrywer, teoloog en filantroop. Sy boek, The Purpose Driven Life , word deur Publishers Weekly as die suksesvolste verkoper van nie-fiksie in die geskiedenis beskryf en het meer as 32 miljoen eksemplare verkoop. Warren het Saddleback-gemeente in 1980 gestig saam met sy vrou, Kay. Buiten die kerk in in Lake Forest, Kalifornië, het Saddleback tien satelietkampusse in Suid-Kalifornië en ook drie internasionale kampusse.