Die Dag Toe Jesus Sterf (Sagteband)

    Die Dag Toe Jesus Sterf (Sagteband)

    Isak Burger & Leon Wagner
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.00

    Jou verhouding met God staan in verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens Die Dag Toe Jesus Sterf!  Hierdie boek wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!

         Om die volle impak van wat gebeur het, te verduidelik, bied die boek aanvullende mediese inligting. ’n Forensiese patoloog interpreteer die Bybelse gebeure vanuit sy kennis en ervaring, en verduidelik wat liggaamlik aan Jesus gedoen is.

         Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van Jesus se marteling was? Die wrede, forensiese feite is nodig om die suikerlagie wat mense om die kruisiging geplaas het, af te stroop. Dis afgryslik om te besef hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling moontlik tot hartarres gelei het. Terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het.

         Die 40 dae vir stilword en refleksie bied jou ook 40 waardevolle joernaalbladsye wat jou begelei om die Bybel in diepte te bestudeer. Aan die hand van vrae en met die neerskryf van jou gedagtes, sal jy ontdek watter verskil die dag toe Jesus gesterf het aan jou lewe maak.

    Oor die Outeurs

    DR ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Troos wanneer jy treur en Die dood en die lewe hierna (geloofsgids). Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

     DR. LEON WAGNER is ’n forensiese patoloog met ’n privaat praktyk wat al meer as 10 000 nadoodse ondersoeke uitgevoer het. Hy tree gereeld in howe op en is toegerus om die Bybelse weergawe van die kruisgebeure toe te lig met sy kennis oor die volle impak van wat met Jesus gebeur het.