Die Dag Toe Jesus Ja Gese Het (Sagteband)

    Die Dag Toe Jesus Ja Gese Het (Sagteband)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    Jesus het JA gesê in Getsemane – sê vandag JA vir Hom.

    In die Tuin van Getsemane het Jesus die ondenkbare gedoen: Hy het JA gesê om aan ’n kruis te sterf om jóú te red. En Hy het dit nie blindelings gedoen nie – Hy het geweet waarvoor Hy Hom inlaat ...

    In Die dag toe Jesus JA gesê het stel Stephan Joubert jou voor aan die apostel Markus en sy vertel­ling van die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding. Met Markus as jou toergids sal jy toenemend nader­ aan Jesus voel wanneer jy die las van die kruis op jou eie skouers begin voel.

    Jesus het ja gesê om vir ons sondes te sterf. Daar­om is dit vandag ons beurt om ook vir Hom ja te sê. Ons doen dit deur Hom te volg en die Goeie Nuus te ver­kondig waar ons ook al gaan.

    In Getsemane het Jesus JA gesê vir ’n pad van ly­ding wat aan die kruis geëindig het. Maar omdat Hy op die derde dag opgestaan het uit die dood, het gelowi­ges saam met Hom opgestaan in ’n splinternuwe lewe en ewige oorwinning oor die dood.

    Oor die outeur

    Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.