Die Dag Toe Ek Jesus Ontmoet Het (Sagteband)

    Die Dag Toe Ek Jesus Ontmoet Het (Sagteband)

    Frank Viola and Mary DeMuth
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Word aan gespoor tot ʼn nuwe ontmoeting met jou Verlosser.

    Twee duisend jaar gelede het Jesus se pad gekruis met doodgewone mense. Hulle was dikwels gebroke, onvolmaak en sonder hoop. Maar Hy het hulle lewens aangeraak, hulle heelgemaak en die lewensdoel gegee waarvoor hulle so desperaat was.

    Frank Viola en Mary DeMuth neem jou in Die dag toe ek Jesus ontmoet het op ’n fassinerende reis terug in tyd met die dramatiese verhale van vyf vroue wat Jesus ontmoet het: die vrou wat op owerspel betrap is, die prostituut wat Jesus se voete gesalf het, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, die Samaritaanse vrou en Maria van Betanië. Elke verhaal word vanuit die vrou se unieke perspektief vertel, maar is steeds Skrifgetrou volgens die gebeure uit die Evangelies.

    Die fiktiewe dagboekinskrywings word afgesluit met die verhaal uit die Bybel en ’n toepassingsgedeelte. Besprekingsvrae verskyn agter in die boek wat dit ideaal maak om in kleingroepe te bespreek.

    Oor die Outeurs

    Frank Viola het al duisende mense oor die hele wêreld gehelp om hulle verhouding met Jesus Christus te verdiep en ’n lewendiger ervaring van die kerk te hê. Naas die meer as 20 boeke wat hy al geskryf het, het hy ook sy eie blog – Beyond Evangelical. Besoek frankviola.org.

    Mary DeMuth is ’n outeur, gesogte spreker en voormalige kerkplanter. Sy blog ook graag oor wat dit beteken om in Christus se vryheid te leef. Besoek marydemuth.com.