Die Bybelstorieboek Vir Meisies (Hardeband)

    Die Bybelstorieboek Vir Meisies (Hardeband)

    Phil Smouse
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    God werk áltyd met ’n plan.

    Dít is wat Phil Smouse op ’n prettige manier vir dogtertjies leer in Die Bybelstorieboek vir meisies.

    Die 58 stories uit die Ou en Nuwe Testament met hulle fraai en kleurvolle illustrasies is geïnspireer deur die beloftes in God se Woord en die hoop wat Hy bring. Dit is hierdie beloftes wat dogtertjies sal oortuig dat God ook elke dag besig is om hulle as deel van sy kunswerk te vorm.

    Wat Die Bybelstorieboek vir meisies ekstra spesiaal maak, is die samevattende sinne aan die einde van die stories wat soos ’n legkaart inmekaar pas in die vorm van ’n skoenlapper aan die einde van die boek. Hiérdie sinne eggo nie net die afsonderlike stories se boodskappe nie, maar vorm saam die groter prentjie van God se plan.

    Die Bybelstorieboek vir meisies sal elke dogtertjie wys dat sy kan veilig voel in God se wil en weet dat Hy vir haar ’n spesiale plan het.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Bible Storybook for Girls

    Oor die Outeurs

    Phil A. Smouse wou ’n wetenskaplike geword het. Maar wetenskaplikes kry nie die wonderlikste briewe en mooiste prente van kinders oor die wêreld heen nie. Toe besluit Phil om eerder stories te skryf en te teken! Hy en sy vrou bly in die suid-weste van Pennsilvanië. Hulle het twee kinders vir wie hulle baie lief is.

    Amylee Weeks is van Iowa en baie lief vir haar mense, God en kuns. Nadat sy haar graad in besigheidstudies voltooi het, het Amylee gedoen wat sy eintlik wou en ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh. Sy voel die dissipline van universiteit help haar om tyd aan haar kuns te wy terwyl sy twee kinders grootmaak en boonop voltyds werk. Amylee se kunswerke is ’n ware weerspieëling van haar geloof en vloei as’t ware uit haar hart.