Die Bybel Vir Kinders (Hardeband)

    Die Bybel Vir Kinders (Hardeband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R161.00

    Bekende Bybelstories gekombineer met kostelike waterverf-illustrasies leer kleingoed meer oor God se verhouding met sy mense.

     

    Hierdie tydlose stories uit die Bybel is die ideale manier om kinders tussen 3 en 6 jaar aan die Bybel bekend te stel.

        In Die Bybel vir kinders word bekende Bybelstories gekombineer met kostelike waterverf-illustrasies. Kinders sal die stories uit die Ou en Nuwe Testament oor God se verhouding met sy kinders geniet. Die stories sluit in Abraham se groot trek, die mure van Jerigo, Daniël in die leeukuil, Jesus se geboorte in Betlehem, die laaste ete en ander.

         Die pragtige illustrasies en tydlose teks maak hierdie Bybel die ideale geskenk vir klein hartjies. Beide kinders en ouers sal dit koester.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Child’s Bible

     

    Oor die outeur

    Sally Ann Wright, ’n opgeleide onderwyseres, het al verskeie boeke vir kinders geskryf, insluitend Bybels. Sy en haar man het vier kinders en hulle woon naby Londen, Engeland.

     

    Honor Ayres is ’n talentvolle jong illustreerder wie se boek A Child's Bible al meer as 100 000 eksemplare verkoop het. Sy is getroud, het drie jong kinders en is ook aktief betrokke by haar kerk in die suidweste van Engeland.