Die Bybel Met Grassroots-oordenkings (Hardeband)

    Die Bybel Met Grassroots-oordenkings (Hardeband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R459.94

    Groei en leef na God se welbehae

    Angus Buchan se boodskap is duidelik en op die man af – en dit kom direk uit die bladsye van die Bybel.

    Die Bybel – met Grassroots-oordenkings deur Angus Buchan kombineer die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling met die insig van 366 uitgesoekte oordenkings deur Angus. Angus se eenvoudige, praktiese voorbeelde sal lesers uitdaag om te groei en te leef na God se welbehae.

    Jy kan nou saam met Angus deur die Bybel stap. Dié Stiltetydbybel bevat ’n Bybelleesplan vir een jaar, teksverse vir spesifieke behoeftes en ’n lys Bybelse beloftes wat jou sal help om God se beginsels vir die lewe te ervaar.

    Die Bybel – met Grassroots-oordenkings deur Angus Buchan help jou om terug te keer na God se beginsels. Dit is hier waar die belofte van ’n Geesvervulde lewe begin.

    Ook beskikbaar in Engels met die titel The Bible with Grassroots reflections by Angus Buchan

    Oor Angus Buchan

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.