Die Bybel In 366 Dae Vir Meisies (Sagteband Met Flappe)

    Die Bybel In 366 Dae Vir Meisies (Sagteband Met Flappe)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    366 uittreksels uit die NLV met kort en kragtige oordenkings vir meisies.

     

    Dogters tussen 8 en 12 kan ook nou saam­lees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. Die Bybel in 366 dae vir meisies se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwêreld en uitdagings van hierdie dogters.

    Die Bybel in 366 dae vir meisies (met ’n pragtige kleur-uitleg – pers vir die meisies) sal dogters help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Verta­ling) saam met kort en kragtige oordenkings. Dogters kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groeps­druk, slegte keuses en vertroue op God.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Bible in 366 Days for Girls.

     

    Oor die outeur

     

    Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryf­werk ontvang. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree ge­reeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie be­die­nings­groep, Flashpoints.