Die Bybel In 366 Dae Vir Manne Van Geloof (Sagteband)

    Die Bybel In 366 Dae Vir Manne Van Geloof (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    366 sleutelteksgedeeltes met kort inspirerende gedagtes deur Angus Buchan.

     

    Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof deur gewilde spreker en evangelis Angus Buchan bied aan mans die kern van die Bybel. Sleutelteksgedeeltes uit die hele Bybel, vanaf Genesis tot Openbaring, bied ’n oorsig oor die hele bood­skap van die Bybel en sal le­sers help om God se Woord en sy liefde vir ons beter te verstaan.

    Teksverse kom uit die Nuwe Lewende Vertaling en die kort inspirerende gedagtes wat geskryf is in Angus se ken­mer­kende styl, sal lesers aanmoedig om die Bybel te lees.

    Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof, in sakpas­formaat, is ’n handige hulpbron vir geestelike groei. Dit sal elke man se geloof versterk en mans in­spi­reer om toegewy aan God te leef.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Bible in 366 Days for Men of Faith

     

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middel¬land