Die Brug Na Haven (Sagteband)

    Die Brug Na Haven (Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    Dis die 1950’s in Hollywood. Lena Scott is die blink­ste opkomende ster op die silwerdoek sedert Marilyn Monroe. Min mense weet egter dat haar regte naam Abra is en van die prys wat sy moes betaal om uitein­delik te voel sy beteken iéts.

     

    Vir pastoor Ezekiel Freeman sal Abra altyd die pas­gebore babatjie wees wat hy onder ’n brug aan die buitewyke van Haven gevind het. Zeke en sy seun, Joshua – Abra se beste vriend – kyk hoe sy as ’n eksotiese skoonheid grootword. Maar Zeke weet dat die omstandighede rondom haar geboorte litte­kens op haar hart gelos het. Dít maak haar weerloos en vatbaar vir ’n gladdemond, twyfelagtige jong man wat haar voete onder haar uitslaan en haar na Holly­wood se liggies lok. Abra leer vinnig wat word ver­wag van ’n ambisieuse jong meisie. Maar roem kom teen ’n verskriklike prys. Sy het elke brug verbrand om te kry presies wat sy gedínk het sy wil hê. Nou wil sy net huis toe gaan.

     

    Die brug na Haven is die langverwagte nuwe roman deur Francine Rivers. Dit is ʼn meesleurende verhaal van versoekings, genade en onvoorwaardelike liefde.