Die Behoefte Om Reg Te Wees (Sagteband)

    Die Behoefte Om Reg Te Wees (Sagteband)

    Arnold Mol
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R139.94

    R119.00

    Ontdek hoe die ingebore behoefte om altyd reg te wees jouself en al jou verhoudings beïnvloed.

    Het jy geweet jou behoefte om reg te wees oor jou voorkoms, jou intelligensie, jou huweliksmaat of jou optrede is so sterk, dat jy jouself onbewustelik sal saboteer net om jouself reg te bewys? Selfs wanneer ons gekonfronteer word met bewyse dat ons verkeerd is, sal ons óf die feite verontagsaam, óf argumente vind om hulle weg te redeneer – en in die proses onsself bedrieg.

    In Die behoefte om reg te wees identifiseer Arnold Mol nie alleen die probleem nie, maar hy verskaf ook oplossings. Vanuit ’n Bybelse perspektief gee hy riglyne oor hoe ons ons selfbeeld kan verbeter, konflik meer doeltreffend kan hanteer en geestelik kan groei om die soort mens te word wat God wil hê ons moet wees.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Need to be Right.

     Oor die outeur

     Dr Arnold Mol is ’n gekwalifiseerde bedryfsielkundige; praktiseer as bestuurskonsultant; is welbekend as openbare spreker; en het ’n passie vir God se Woord. Hy het talle boeke die lig laat sien oor onderwerpe soos bestuur, motivering, konflikhantering, huweliksverryking, ouerskap en geestelike verryking. Hy het die gawe om ingewikkelde menslike gedrag in maklik-verstaanbare taal te verduidelik en om praktiese oplossings aan te bied. Hy en sy vrou, Joy, woon in Pretoria. Hulle het drie volwasse kinders en tien kleinkinders.