Die Avontuur Van Ouerskap (Sagteband)

    Die Avontuur Van Ouerskap (Sagteband)

    Mandi Hart
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R159.95

    R127.96

    Die avontuur van ouerskap is 'n splinternuwe boek deur 'n Suid-Afrikaanse skrywer en berader, Mandi Hart. Hierdie eietydse gids vanuit eie bodem bied praktiese raad oor ouerskap vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief.

         As ouerskap 'n avontuur-sport was, sou dit beslis die sport gewees het wat die meeste durf verg. Dit is 'n avontuur na die onbekende, besaai met onverwagse kronkels en draaie – heeltemal onvoorspelbaar! Skool en tersiêre opleiding beteken nie veel in ons voorbereiding om ouers te word nie, en ouers het al die hulp nodig wat hulle kan kry om die toenemende uitdagings wat hulle van dag tot dag teëkom, te hanteer.Mandi help ouers om te besef dat dit in die eerste plek gaan oor wie en nie wat jy is nie. Sy moedig lesers aan om na binne te kyk en hulself te beoordeel, en beweeg dan aan na die invloed van eksterne faktore. Sy verskaf praktiese gereedskap en wys op die belang van die geestelike aspekte van ma- en pawees met God se hulp. Onderwerpe sluit in:

         • Die invloed van ons kultuur

         • Karakter en waardes

         • Die fases van ontwikkeling

         • Dissipline

         • Doelbewuste ouerskap

         • Hoe om vir jou kinders te bid

         Die avontuur van ouerskap bevat ook talle ware ouerskap-stories, en Bybelverse en vrae vir nadenke aan die einde van elke hoofstuk.

     OOR DIE OUTEUR

     Mandi Hart en haar man, Neil, is deel van All Nations ('n sending- en kerkplantingsorganisasie). In 2014 het hulle die leisels oorgeneem by stigters Floyd en Sally McClung.Mandi en Neil het 'n hele aantal kerke geplant en is gereelde sprekers by hulle opleidingseminare in gemeentes regoor die land. Hulle werk in 'n aantal gebiede waaronder Afrika, die Midde-Ooste en Asië, en werk in 'n kruiskulturele omgewing. Mandi het vir jare 'n groep vir ma's met babas en peuters gelei. Sy help met die aanbieding van ouerskap- en huwelikseminare en bied ook gereeld praatjies aan oor gesinne en ouerskap in die sending en bediening. Sy het onder meer 'n sertifikaat in Christelike berading wat sy by Unisa verwerf het. Mandi is die ma van twee tieners.