Die Armageddon-Kode (Sagteband)

    Die Armageddon-Kode (Sagteband)

    Billy Hallowell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Angstig en verward oor Openbaring? Dié boek vergelyk al die verskillende opvattings rondom die eindtyd sodat jy jou eie mening kan vorm.

     

    Baie mense het ’n obsessie oor die laaste dae. Met die stand van die wêreld tans – oorlog in die Midde-Ooste, terreuraanvalle deur ISIS in ons stede, onstabiele ekonomieë, erge natuurrampe – is die vraag in baie gelowiges se gedagtes: Beleef ons tans die eindtyd?

         In Die Armageddon-kode het die joernalis Billy Hallowell die menings van die voorste Bybel- en profesiekenners sowel as talle gerekende stemme in die Christenwêreld versamel om jou die mees deurslaggewende inligting oor hierdie onderwerp te bied. Want as jy al enigsins iets oor die eindtyd of die boek Openbaring gelees het, sal jy weet daar is geensins een klinkklare antwoord oor wat ons in dié skrikwekkende tyd kan verwag nie.

         Van die temas wat in die boek aangeraak word, is:

         • die wegraping

         • die Antichris

         • die merk van die dier

         • die debatte rondom Israel en Sirië

         • bloedmane en profesieë

         Die Armageddon-kode is ’n moet-hê-boek vir enige eindtyd-entoesias – nadat jy dit gelees het sal jy met gesag kan saamgesels oor al die verskeie opvattings omtrent die eindtyd, en dit sal jou help om jou eie opinie te vorm.

     

    Oor die Outeur

     

    Billy Hallowell het meer as ’n dekade se ervaring as joernalis en kommentator. Sy werk is gepubliseer in politieke en kulturele boeke, handboeke, joernale en webtuistes soos The Washington Post en The Huffington Post, en hy het al op verskeie televisienuusprogramme verskyn. Billy het ’n BA-graad in joernalistiek en uitsaaiwese van die College of Mount Saint Vincent in Riverdale, New York, en ’n meestersgraad in sosiale navoring van die Hunter College in Manhattan, New York. Hy is tans die godsdiens- en assistentredakteur van die gewilde webtuiste TheBlaze.com.