Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Boksstel)

    Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Boksstel)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R129.95

    Dit was nog nooit so lekker om van die Bybel te leer nie met 99 kaartjies wat elk 20 leidrade bied oor mense, plekke of dinge in die Bybel.

     

    As kinders van Die Aksie-Bybel gehou het, sal hulle mal wees oor Die Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie vir die hele gesin. Dit was nog nooit so lekker of maklik om die Bybel te leer ken nie.

    Hierdie prettige speletjie bied:

    ·       99 kaartjies met 20 leidrade elk oor ʼn persoon, plek of ding in die Bybel, asook Skrifverwysings om verdere Bybellees aan te moedig

    ·       ’n Vinnige verwysing na waar die storie in Die Aksie-Bybel gevind kan word

    ·       ’n Instruksiekaartjie met aanwysings vir 3 maniere waarop die speletjie gespeel kan word

    Die kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat Die Aksie-Bybel geïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Action Bible® Guess-It Game

     

    Oor die kunstenaar

    Sergio Cariello het al op 11-jarige ouderdom ’n strokies­prent vir sy plaaslike koerant geteken. Hy het later vir Marvel en DC Comics gewerk. Hy het aan die Joe Kubert School of Cartoon and Graphic Art studeer, sowel as die Word of Life Bible Institute. Sergio en sy vrou, Luzia, woon in Florida.