Die Aksie-Bybel (Hardeband)

    Die Aksie-Bybel (Hardeband)

    Doug Mauss
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R399.95

    Deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit.

     

    Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksie­belaaide Bybelstories in chrono­logiese volgorde. Dit ver­seker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die op­windende hoog­tepunt.

    Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede dui­delik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dra­matiese illustra­sies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrif­verwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.

    Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aan­grypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur drama­tiese skakerings, sterk en ener­gieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.

    Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die title The Action Bible

     

    Oor die outeur en illustreerder

     

    Doug Mauss is die direkteur van kleingroepe by die St. John Church in die groter St. Louis-omgewing. Ná universiteit het Doug as ’n algemene redakteur gewerk vir twee tydskrifte en The Action Bible geskryf en geredigeer.

    Sergio Cariello het al op 11-jarige ouderdom ’n strokiesprent vir sy plaaslike koerant geteken. Hy het later vir Marvel en DC Comics gewerk. Hy het aan die Joe Kubert School of Cartoon and Graphic Art studeer, sowel as die Word of Life Bible Institute. Sergio en sy vrou, Luzia, woon in Florida.