Die 10 Grootste Uitdagings In Jou Lewe (Sagteband)

    Die 10 Grootste Uitdagings In Jou Lewe (Sagteband)

    Colin Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Ervare prediker en skrywer Colin Smith wys jou hoe die Tien Gebooie jou kan help met die lewe se grootste uitdagings.

    Sukkel jy met jou humeur? Of met ontevredenheid of dalk tydbestuur? Wat dit ook al is, daar is hulp op ’n verrassende plek: die Tien Gebooie.                    

    In Die 10 grootste uitdagings in jou lewe wys ervare skrywer en prediker Colin Smith hoe die Tien Gebooie baie meer inhou as wat jy nog altyd gedink het. Dit is soveel meer as ’n lys moets en moenies – dit gaan in werklikheid oor dit wat diep in jou hart lê en word ’n barometer van jou liefde vir God. Jy sal areas in jou lewe ontdek waar ’n koersaanpassing nodig is, en jy sal insig en wysheid kry om met meer liefde, krag en vryheid in Christus te lewe.              

    Ingesluit: ’n studiegids ideaal vir individuele gebruik of in groepe, wat jou sal help om vreugde te vind in God se Woord.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel The Ten Greatest Struggles of Your Life.

    Oor die outeur

    Colin S. Smith is ’n ervare skrywer en senior leraar by The Orchard Evangelical Free Church in Chicago. Hy en sy vrou, Karen, het twee volwasse kinders en ook kleinkinders.