Debora, Die Profetes (Sagteband)

    Debora, Die Profetes (Sagteband)

    Jill Eileen Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Die verhaal van Israel se enigste vroulike rigter, Debora.

     

    Debora is ’n uitgesproke en onverskrokke vrou. Sy glo in God, maar sukkel om die potensiaal in haar eie lewe te sien. As Israelitiese vrou sal sy trou en kinders hê, en haar kinders van Adonai leer – en dit is meer as genoeg om haar dae vol te maak.

    Maar God het ’n ander plan vir haar. Vir byna 20 jaar al leef Israel onder die so te sê konstante vrees vir die Ka­naänitiese leër. En nou roep God vir Debora om haar volk van hierdie verdrukking te bevry. Sal haar geliefdes dit verstaan? Sal mense glo dat God haar geroep het? En kan die bedreiging wat Kanaän inhou, gestop word?

    Met haar kenmerkende onberispelike navorsing en verbeeldingryke vertelkuns skets Jill Eileen Smith in Debora, die profetes die storie van Israel se magtigste vroulike rigter in ’n roman wat sowel boeiend as inspirerend is.

     

    Oor die outeur

    Jill Eileen Smith skryf al vir meer as 20 jaar en haar skryfwerk word in verskeie kringe hoog aangeslaan. Wanneer sy nie skryf nie, is sy besig om te lees, fiets te ry, te reis of saam met vriende te kuier. Sy hou veral daarvan om tyd saam met haar gesin deur te bring. Besoek www.jilleileensmith.com